TUINROETE NUUS - Eden-driekamp het sy tweede TSA gesanksioneerde ligabyeenkoms van die seisoen in Groot-Brakrivier aangebied met 'n rekordgetal inskrywings, wat dui op die sterk groei van hierdie gewilde Olimpiese sport in dié streek.
Daar is in drie afstande deelgeneem: Super naelren (super sprint), naelren (sprint) en standaard (olimpiese afstand).
Die kompetisie word al hoe sterker in bykans al die kategorieë met heelwat nuwe atlete uit veral Knysna en Mosselbaai wat vir die eerste keer deelgeneem het. 'n Paar ou bekendes, wat drie van Eden se huidige nasionale kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe insluit, was ook in aksie: Franna Vorster, Tina van Wyk en Christian Hattingh.
Daar was ook 'n paar atlete wat die byeenkoms benut het ter voorbereiding van die jaarlikse Ysterman- en Half-Ysterman-byeenkomste wat vroeg in die nuwe jaar plaasvind.
Gerhard Gouws (links) en Gerbrandt van der Merwe klim uit die water tydens die supernaelren.
Die volledige podiumuitslae was as volg:
Standaard (1 500 m-swem, 40 km-fietsry en 10 km-hardloop):
Mans
1. Franna Vorster (2:17:59).
2. Gerrie Beukes (2:18:52).
3. Grant Lindeque (2:21:11).
Vroue
1. Tina van Wyk (2:34:06).
2. Vicky Roos (3:02:37).
3. Chane Gricius (3:10:16).
Josua Vorster (middel) het die supernaelren vir seuns gewen. Jan-Hendrik van Rooyen (links) was tweede met Hanno Maritz (regs) derde.
Spankompetisie
1. Speedo's (2:26:43).
2. Brakke (2:32:23).
3. Coffee Club (2:39:03).
Naelren (sprint) (750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans
1. Christian Hattingh (1:06:41).
2. Llewelyn Viljoen (1:07:49).
3. Siemon Joubert (1:09:00).
Die vroue het in die standaardafdeling skoonskip gemaak. Van links: Chané Gricius (2de), Tina van Wyk (wenner) en Vicky Roos (3de).
Vroue
1. Madré van Zyl (1:24:00).
2. Anel van Wyk (1:26:21).
3. Esmarie Cronje (1:26:38).
Spankompetisie
1. Burgers (1:18:19).
2. Team Roux (2:12:7).
Super naelren (super sprint) (400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans/seuns
1. Josua Vorster (0:39:12).
2. Jan-Hendrik van Rooyen (0:40:20).
3. Hanno Maritz (0:40:49).
Simone Sharp in aksie in die naelren vir vroue.
Vroue/dogters
1. Lome Gouws (0:42:35).
2. Leanne Viljoen (0:49:55).
3. Sonica Lareman (0:56:06).
Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na Eden-driekamp se eerste Cross Tri-byeenkoms - die Eden Cross Tri - wat op Maandag 16 Desember naby Geelhoutboom sal plaasvind.
Die swemgedeelte sal in die Mölendriftdam plaasvind, gevolg deur bergfietsry in die Outeniquaberge met die hardloop-dissipline op pragtige enkelpaadjie-roetes wat kronkel om die dam.
Die voorsitter van Eden-driekamp, Gerhard Liebenberg, het by navraag gesê hy hoop hierdie unieke byeenkoms sal groei tot een van die hoogtepunte op die nasionale driekampkalender.
Anel van Wyk was tweede in die naelren vir vroue.
Daar sal in twee afstande deelgeneem word, naamlik die 'Full' (1,2 km-swem, 22 km-fietsry, 8 km-hardloop) en die 'Lite' (600 m-swem, 15 km-fietsry, 4 km-hardloop).
Almal is welkom, beginners ook. Spanne is ook welkom om op 'n aflosbasis deel te neem. Daar is ouderdomsbeperkings op beide afstande.
Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook-blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'