GEORGE NUUS - Vir die wat nog nie gehoor het nie, die Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) word vanjaar op 15 Oktober weer aangebied.
Die komende Saterdag, 27 Augustus word 'n pretloop by Rooirivierrif en 'n gholfdag op Sondag 28 Augustus by Oubaai gehou om fondse vir die geleentheid in te samel.
Alewijn Dippenaar, geleentheidsdirekteur, sê sowat 350 inskrywings is al vir die wedren in Oktober ontvang en tot 800 atlete sal kan deelneem.
Vanjaar se wedren sal internasionale deelnemers hê, asook inskrywings wat reeds uit Namibië, Ghana en Zimbabwe ontvang is. Een van die groot uitdagings in die stadium is akkommodasie en daar word gekyk hoe dit die hoof gebied kan word.
Daar moet in gedagte gehou word dat die akkommodasie gestremdvriendelik moet wees.
Die enigste groot kommer wat die organiseerders in die stadium het, is die padwerke in Yorkstraat. 'n Deel van die wedrenroete vind in dié straat plaas. Daar is gesprekke met die George-munisipaliteit en daar word gekyk na alternatiewe indien dit nodig sou wees.
'n Nuwe toevoeging tot vanjaar se geleentheid is 'n 5 km kaskar/rolstoel-wedren vir nie-gestremde persone. Sakeondernemings sal 'n kaskar/rolstoel kan borg en dan word dit soos 'n rolstoel gestoot.
Altesaam 12 sakeondernemings het al aangedui dat hulle gaan deel wees van die nuwe afdeling. Die nuwe toevoeging word gemaak om groter bewustheid by die publiek te skep vir die rolstoel gemeenskap.
Volgens Dippenaar is daar baie mense in rolstoele en hulle dink dis net 'n wedren. Daar is ook 'n pretgedeelte.
Die wat belangstel om pretloop en gholfdag te ondersteun, kan Roslyn Saptoe skakel by 073 450 246.
Mense is steeds welkom om as vrywilligers op die dag van die wedren te help en kan Dippenaar kontak by 082 457 5675.
LEES MEER: Golf and colour-run fun to bolster OCC 2022 fundraising efforts
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'