RIVERSDAL NUUS - Die 560 kg-toutrekspanne van die Hoër Landbouskool Oakdale het tydens die afgelope SA toutrekkampioenskappe weereens koning gekraai.
Tydens die kampioenskappe wat op 24 April op Oakdale-bodem plaasgevind het, het die A-span in ‘n sege teen Hoërskool Swellendam die goue medalje verower.
Die 560 kg B-span het in ‘n taai stryd teen Worcester Gimnasium as bronswenners uit die stryd getree.
Hierdie Oakdalers se sukses lê in deursettingsvermoë, dissipline, skitterende afrigting, oefen en nogmaals oefen.
Die skool is bevoorreg om oor afrigters te beskik soos mnre. Piet Lourens en Saggie van As.
Oakdale Toutrek 560 kg A-span. Agter, van links: Wesley Barkhuizen, Tiaan Kok, Janco Olivier, Philip Saayman, Philip Crafford, Piet Lourens (afrigter) en Roedolf Robertson. Voor: Zack Kroukamp, Thys Lourens en Hardus Swart.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'