SUID-KAAP NUUS - Tweehonderd ses en twintig leerders van Hoër Landbouskool Oakdale het van 25 tot 27 Januarie in die Paarl aan die Somerinterskole teen Boland Landbou deelgeneem.
Die Oakdalers het goed op die tennisbaan vertoon en het die o.15- en o.19-spankompetisies gewen. Ses krieketwedstryde is gespeel waar Boland die bo-toon gevoer het, maar die o.15 A-span het hul wedstryd op indrukwekkende wyse gewen.
Die Oakdalers het die interskole-atletiek vir die 10de agtereenvolgende jaar met 783 punte teenoor Boland se 616 punte gewen.
Oakdale-atlete het drie van die vier ouderdomsafdelings gewen. Philip Kleynhans het die rekords in gewigstoot en skyfwerp vir S.17 laat spat. Machs Hälbich breek die S.17-verspringrekord. By die S.15's breek Markus Viljoen die 1 500 m, Pienie Pienaar 1 500 m stap en Marcel Strydom die hoogspringrekord.
Jared Erasmus breek sy eerste Interskolerekord in 300 m-hekkies vir S.14.
Die o.15 tennisspanne. Agter is die o.15B-span: Lian la Cock (Mosselbaai), Drian Steyn (Heidelberg), Jan Fick (Caledon), Malan du Plessis (spanbestuurder) en Lukas Olivier (Riversdal). Voor is die o.15A-span: Jan Heyns (Swellendam), Martin Mostert (George), Michael Mostert (George) en Emilio Silva (Riversdal).
Die o.19 tennisspanne het ook as wenners uit die stryd getree. Agter is die o.19A's: Frans Marais (spanbestuurder), Elkan Willlemse (Bonnievale), Gustav Smit (Riversdal), Jacobus Esterhuyse (Montagu), Henk Smit (Riversdal) en Wimpie Helmand (afrigter). Die B-span in die voorste ry is: Pieter Marais (Riversdal), Hanno Joubert (Swellendam), FC Gerber (Riversdal) en Johan Lamprecht (Willowmore).
Die krieketspan wat uitgestaan het, was die o.15 A-span wat hul wedstryd op indrukwekkende wyse gewen het. Agter, van links: Pine Marais (afrigter), Stephen Meyer (Port Elizabeth), Morné Scheepers (Hartenbos), Emilio Silva (Riversdal), Duan Roberts (Heidelberg), Gino de Wit (Beaufort-Wes) en Terblanche du Plessis (Oudtshoorn). Middel: Arend Blom (Bredasdorp), Francois Labuschagne (Caledon), Dylan Morkel (George), Pienie Pienaar (Mosselbaai), Pieter Marais (Riversdal) en Albert Steyn (Prins Albert). Voor: Robert Scott - tellinghouer (Riversdal).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'