GEORGE NUUS - Die Rebel-viertrekklub se derde byeenkoms word Saterdag op die plaas Dronkfontein naby Glentana gehou.
Dié roete spog met nuwe hindernisse en geriewe. Registrasie begin reeds om 07:00 en beloop R350 per voertuig. Die byeenkoms begin om 09:00. Toegang vir volwassenes is R50 en kinders jonger as 12 kom gratis in.
Privaat inskrywings is welkom. Leon Fourie en Johan Schoeman (foto) is twee manne wat die nuwe hindernisse gaan tem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'