GEORGE NUUS - Die downsindroom-swemmer Minke Janse van Rensburg (20) se ster het helder geskyn by twee nasionale swem-kampioenskappe gedurende die afgelope Aprilvakansie.
Haar deelname aan die nasionale swemkampioenskap van die Suid-Afrikaanse sportfederasie vir mense met intellektuele gestremdhede (Sasa-II) in Johannesburg het 14 goue medaljes gelewer.
"Onmiddellik na afloop van dié kompetisie is Minke na Gqeberha waar sy aan die SA Senior Nasionale Aquatic-kampioenskappe deelgeneem het. Hier het sy haar eie drie wêreldrekords verbeter en drie goue medaljes ingepalm.
"Sasa-II is die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie waar Minke teen ander swemmers met downsindroom deelneem," verduidelik haar pa, Hennie Janse van Rensburg.
"Maar wat Minke se prestasie nog meer indrukwekkend maak is dat sy nie net teen ander persone met downsindroom geswem het nie, maar ook persone wat net 'n intellektuele inperking het. Normaalweg swem sulke swemmers heelwat vinniger, maar niemand kon by Minke, wat tans ses downsindroom-wêreldrekords hou, bly nie."
Minke verbeter die 50 m vlinderslag downsindroom wêreldrekord tydens die uitdunne, en weer later die dag tydens die finale. Die nuwe vlinderslag downsindroom wêreldrekordtyd is nou 36:59 sekondes.
SA Senior Nasionale Aquatic-kampioenskappe
"Die teenwoordigheid van Suid-Afrika se Olimpiese swemmers by hierdie kam-pioenskap inspireer Minke tot so 'n mate dat sy jaarliks haar wêreldrekords hier verbeter," vertel Janse van Rensburg. "Sy is die enigste persoon met downsindroom wat kwalifiseer en die kompetisie bywoon waar sy teen swemmers met verskillende gestremdhede en vermoëns meeding.
"In hierdie formaat kry die persoon wie se tyd naaste aan sy Olimpiese kwalifikasie- rekord is, goud, en nie die persoon wat eerste eindig nie, want 'n persoon met swak sig of doofheid swem vinniger as een met 'n ligaamlike gestremdheid, om 'n voorbeeld te noem."
Minke het hier drie van haar eie wêreld-rekords verbeter, drie goue medaljes, 'n silwer-medalje en twee bronsmedaljes verower. "Selfs al neem sy hierdie kampioenskappe baie ernstig op het sy dit baie geniet," sê Janse van Rensburg.
SA Senior Nasionale Aquatic-kampioen-skappe: Minke het hier drie van haar eie wêreldrekords verbeter, drie goue medaljes, 'n silwermedalje en twee bronsmedaljes verower.
Minke se ma, Aletta Janse van Rensburg, benadruk die emosionele betekenis van Minke se deelname en prestasies. "Die pryse, trofeë en medaljes is fantasties, maar niks kom by die selfvertroue wat hierdie geleenthede my kind bied nie - die erkenning wat daarmee saamgaan."
Verskeie swemmers en ondersteuners het Minke vir haar handtekening gevra, wat sy met 'n groot glimlag gegee het.
Verskeie swemmers en ondersteuners het Minke vir haar handtekening gevra, wat sy met 'n groot glimlag gegee het.
Wêreldrekords
- 10 April: Minke verbeter haar 50 m downsindroom-vryslagwêreldrekord tydens die uitdunne, en weer dieselfde aand tydens die finale. Die nuwe downsindroom-vryslag-wêreldrekordtyd is nou 33:60 sekondes.
- 11 April: Minke verbeter die 50 m downsindroom-vlinderslagwêreld-rekord tydens die uitdunne, en weer later die dag tydens die finale. Die nuwe downsindroom- vlinderslagwêreldrekordtyd is nou 36:59 sekondes.
- 12 April: Minke verbeter die 100 m downsindroom-vryslagwêreldrekord tydens die finale van hierdie item. Die nuwe 100 m downsindroom-vryslagwêreldrekordtyd is nou 1:16:48.
Minke en haar afrigter, Joshua Vorster, wat haar afrigting die afgelope ses maande behartig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’