GEORGE NUUS - Die 17-jarige Meike Strydom, 'n leerder by Hoërskool Outeniqua, het Saterdag 'n uitsonderlike prestasie behaal by die BestMed Madibaz Top10-atletiekbyeenkoms in Mosselbaai, wat in samewerking met Atletiek SWD deur Hoërskool Punt aangebied is.
Meike het in die gewigstoot vir dogters o.18 'n nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord van 17,57 m opgestel.
Sy het reeds in Februarie vanjaar die SA rekord van 17,52 m, wat op 30 Maart 2012 deur Lezaan Jordaan in Germiston opgestel is, by die Loop-Interskole byeenkoms in Oudtshoorn na 17,55 m verbeter. Die rekords kan ongelukkig nie erken word nie aangesien dit nie by 'n ASWD- of nasionale byeenkomste plaasgevind het nie.
Meike se droom is om nog die seisoen die SA rekord agter haar naam te laat pronk.
Sy neem op 14 Oktober deel in Bloemfontein, 20-21 Oktober in Bredasdorp se Top10 en 28 Oktober aan die Mooreesburg Top10-byeenkomste deel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'