GEORGE NUUS - Na 'n goeie vertoning en oorwinning oor Vorster Motors in die vierde ronde van die Sanlam en Love 4 Vintage Rolballiga vir besigheidspanne het KTV getoon dat hulle vasbeslote is om hul titel te verdedig deur die eerste plek op die punteleer in te neem.
Vorster Motors het in die verlede getoon dat hulle 'n harde neut is om te kraak, maar KTV se manne het deurgaans gefokus gebly en uiteindelik die knoop deurgehak.
Ettean & Friends wat na die eerste twee rondes voorgeloop het, het met 'n goeie oorwinning oor York Auto na die tweede plek opgeskuif en kom nou vanaand (Donderdag) teen Vorster Motors te staan met KTV wat Kommaweer Stoffeerders gaan pak.
Die wedstryde begin om 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon en te deel in die gemoedelike atmosfeer. Daar is ligte etes beskikbaar asook 'n kontantkroeg.
Span Chanel Doggy Parlour word verteenwoordig deur (van links) Sarel en Michelle Theron en Marzanne en Coenie Bezuidenhout. Foto: Kobus van Wyk
Uitslae:
- KTV 44;
- Ettean and Friends 42;
- Kommaweer Stoffeerders 41;
- Vorster Motors 41;
- Boardware 39;
- Butz & Gutz 39;
- Supporters 38;
- York Auto 35;
- 4 Musketeers 35;
- Bowling Stones 35;
- Sanlam Borg 35;
- Mend a Bath 34;
- Disasters 34;
- Ricoh 32;
- Just Property 32;
- frikkie 32;
- Miskruiers 31;
- Mac Dee Hops 30;
- Odd Balls 28;
- Magic Rollers 28;
- Jack's Paint & Hardware 28;
- Diva's 27;
- GRM & WJC 27;
- Butter Bowls 27;
- Chanel Doggy Parlour 26;
- Comcen 23;
- Goussard Prokureurs 21;
- CO Prokureurs 12.
Die rooipet-brigade van Ricoh se spanlede is van links Mich Prinsloo, Jacques Naude, Martin de Wet en Johan Beukes. Foto: Kobus van Wyk
Wedstrydlys:
KTV t Kommaweer Stoffeerders; Ettean & Friends t Vorster Motors; Boardware t Butz & Gutz; Supporters t York Auto; 4 Musketeers t Bowling Stones; Sanlam Borg t Mend a Bath; Disasters t Ricoh; Just Property t Frikkie; Miskruiers t Mac Dee Hops; Odd Balls t Magic Rollers; Jack's Paint & Hardware t Diva's; GRM & WJC t Butter Bowls; Chanel Doggy Parlour t Comcen; Goussard Prokureurs t CO Prokureurs.
'We bring you the latest George, Garden Route news'