GEORGE NUUS - Twee jong talentvolle gewig-optellers, beide leerders van Hoërskool Outeniqua, hoop om binnekort aan The Rhino Powerlifting Club se nasionale kompetisie in Pretoria deel te neem.
Die geleentheid vind van 24 tot 25 September in Menlopark plaas.
Calen van Zyl (18) en sy klein-boet, Jordan (15), is hard aan die oefen om hul kragte te meet by die prestige byeenkoms waar deelnemers van oor die land gaan deelneem. Die broers benodig egter dringend 'n borgskap, waarsonder die kompetisie slegs 'n droom sal bly.
Die kostes vir beide atlete beloop sowat R4 200 per persoon, vir die twee dae in Pretoria.
Calen het loshande deurgedring in sy kategorie (onder 100 kg) met 'n totale gewigoptel rekord van 540 kg, terwyl slegs 415 kg nodig is om te kwalifiseer. Jordan het deelgeneem in die kategorie onder 90 kg, en het met 'n gewigoptel totaal van 290 kg deurgedring vir die nasionale kompetisie (227,5 kg is nodig om te kwalifiseer).
LEES MEER: Broers blink uit in gewigoptel.
Vir meer besonderhede kontak Deon van Zyl by 082 427 8287.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'