Gallery
GEORGE NUUS - Die jaarlikse Outeniqua-marathon en -halfmarathon, met George-munisipaliteit as hoofborg, het Saterdag in ideale weersomstandighede tussen George en Wilderness plaasgevind.
'n Rekord van ongeveer 1 000 atlete het ingeskryf.
'n Pragtige roete van Outeniquapark
John April van Oudtshoorn het met die louere weggeloop in die 42 km in 'n tyd van 2:32:28 - 'n deeglike voorsprong voor die res van die veld met Melikhaya Msizi van Knysna-marathonklub tweede oor die wenstreep in 'n tyd van 2:55:16 en Johan Stemmet derde in 3:02:52.
Die eerste vrou tuis was Candyce Hall (Carbineers AC) in 3:28:05 met Cecilia Nel (Nedbank SWD) tweede in 3:30:25 en Skysha Barette (Nedbank SWD) derde in 3:44:04.
Die 42,2 km-deelnemers by die wegspring by die Outeniqua-stadion. Foto: Deirdre Cloete
Halfmarathon
Nedbank SWD het die eerste drie plekke ingepalm in die halfmarathon met Francois Maquassa die eerste atleet oor die wenstreep in 'n tyd van 1:11:03. Bernardo Fredericks was tweede in 1:13:26 en Marianio Eesou op sy hakke in 1:13:43.
Ebeth Marais (32Gi SWD) was die vrouewenner in die 21km met 'n tyd van 1:25:36, gevolg deur Annarie Donald (32Gi SWD) in die tweede plek met 'n tyd van 1:30:45 en Lindi Georgiou van Body Concept Road in die derde plek (1:31:15).
10 km-wedloop
Rico van der Horst (Nedbank SWD) het die 10 km-wedloop gewen in 'n tyd van 32:25 met Werner Julies (Dec Rust Striders) tweede in 33:08 en Asenathi Ndabeni (Thembalethu Wellness Club) derde in 33:49.
Foto: Deirdre Cloete
Die uitslae in die onderskeie afdelings was soos volg:
42 km-mans
Veterane
- Johan Stemmet (Langeberg AC) 3:02:52
- Errol Whittal (Elite AC) 3:04:09
Meester
- Dean Preston (Hout Bay Harriers) 3:08:30
- Mxolisi Fana (Outeniqua Harriers) 3:16:07
Grootmeester
- Henry Cieverts (Pinelands AC) 3:29:39
- Wilhelm Coetzee (West Coast AC) 3:48:58
Groot Grootmeester
- Arthur Valasis (Knysna-marathonklub) 4:13:54
42 km-vroue
Veterane
- Cecilia Nel (Nedbank SWD) 3:30:25
- Janine Whittal (Elite AC) 3:48:09
Meester
- Anelie Heyns (Langeberg AC) 3:47:40
- Antoinette Williams (Tygerberg NLK AC) 4:02:23
Grootmeester
- Una Saayman (Nedbank SWD) 4:16:11
FOTOGALERY: Outeniqua-marathon en -halfmarathon op George
21 km-mans
Junior
- Jemaine Keffers (Outeniqua Harriers, 1:24:24)
- Geen
Veterane
- Roger Dickson (K-Way VOB RC, 1:23:13)
- Rico Groenewald (Outeniqua Harriers, 1:29:18)
Meester
- Andrew Stuart (Harfield Harriers, 1:31:07)
- Louis Booysen (Langeberg AC, 1:45:47)
Grootmeester
- Graham Tull (Sedgefield Striders, 1:38:30)
- Sidwell October (Rainbow AC, 1:48:18)
Groot Grootmeester
- Manie Steenkamp (Nedbank SWD, 1:48:41)
- Brian May (Plett AC, 1:59:00)
Stappers
- Ernst van Zyl (Nedbank SWD, 2:22:44)
- Johan Nieman (Nedbank SWD, 2:46:52)
21 km-vroue
Junior
- Geen
Veterane
- Lindi Georgiou (Body Concept Road, 1:31:15)
- Nerida Lubbe (Nedbank SWD, 1:34:01)
Meester
- Sue Dickson (K-Way VOB RC, 1:41:54)
- Maryke Sass (32Gi SWD, 1:46:01)
Grootmeester
- Alison Hoogeweegen (Knysna-marathonklub, 2:07:57)
- Annamarie van der Westhuizen (Nedbank SWD, 2:15:52)
Groot Grootmeester
- Toekie Steenkamp (Nedbank SWD, 2:16:31)
- Sylvia Jaftha (Knysna-marathonklub, 2:34:49)
Stappers
- Mariana van Zyl (Nedbank SWD, 2:38:17)
- Geen
10 km-mans
Junior
- Llewellen du Toit (Nedbank SWD) 34:28
Veterane
- George Smit (Nedbank SWD) 1:05:57
Meester
- Aubrey Brinkhuis (Sedgefield Striders) 44:31
Grootmeester
- Johan Grobbelaar (Nedbank SWD) 39:26
Groot Grootmeester
- Abraham Coetzee (Knysna-marathonklub) 1:04:27
Stappers
- Nic Brummer (Sedgefield Striders) 1:12:52
10 km-vroue
Junior
- Ilke Wolmarans (Elite AC) 44:53
Veterane
- Geen
Meester
- Tanya Osborn (Outeniqua Harriers) 49:55
Grootmeester
- Alida Retief (32Gi SWD) 54:33
Groot Grootmeester
- Collette van Eck (Fish Hoek) 58:34
Groot Groot Grootmeester
- Trix de Villiers (Nedbank SWD) 1:29:47
Stappers
- Ita Stiglingh (Sedgefield Striders) 1:13:06
Amper teen die bult uit. Foto: Deirdre Cloete
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’