Dertig rondtes word benodig, maar bring ook genoeg ammunisie om voor die tyd seker te maak dat jou teleskoop reg ingestel is. Verversings sal te koop aangebied word en pryse van sowat R20 000 is op die spel. Skuts neem in veskillende klasse deel en almal staan ‘n kans om iets te wen.
Die kompetisie vind plaas op die plaas van Weeber Truter en aanwysings is as volg:
Neem Knysna/Uniondalepad en hou regs (Uniondale) by vurk. Neem die Eseljagpad (links), 20km na vurk. Gaan deur die poort (7.5km) en volg aanwysings.
Inskrywingsfooi beloop R160-00 en sluit middagete in. Die skiet begin om 8vm.
Vir navrae kan Hugo Moolman, 083 375 3637 of Jimmy Farnham 082 800 1964 gekontak word.
Skuts lê aan en mik om die prys te wen.