GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se atletiekspan het Vrydagaand met uitstaande prestasies by die HJS-uitnodigingsbyeenkoms in die Paarl getoon waarom hul bekend staan as een van die bestes in Suid-Afrika.
Die Kwaggas het 16 goue, 9 silwer- en 11 bronsmedaljes ingeoes. Die 17-jarige Meike Strydom wat aan die einde van verlede seisoen 'n nuwe SA rekord in gewigstoot vir dogters o.17 opgestel het, het weer ontplof.
Strydom het die gewigstoot vir dogters o.19 met 'n afstand van 14,43 m gewen. Die Kwagga het met die prestasie 951 punte op ASA se puntetabel verdien. Sy het ook die diskustitel gebuit met (40,52 m) 892 punte.
Meike is aangewys as die beste dogtersveldatleet van die byeenkoms.
Hanno du Plessis, SA junior en SA jeugkampioen, het ook 'n uitsonderlike prestasie behaal toe hy die hamergooi vir seuns o.19 met 'n puik afstand van 60,06 m (891 punte) gewen het.
Die Kwaggas se nuwe aanwins, Theron Human, wat in die seuns o.19 ouderdomsgroep deelneem, het in die kort naellope 'n tweekuns behaal deur die 100 m in 11:00 (751 punte) en 200 m in 22:70 (738 punte) te wen.
Stefan van Wyk het ook in die seuns
o.17-ouderdomsgroep 'n tweekuns behaal deur die 200 m in 23:00 (740 punte) en 400 m in 52:80 (702 punte) te wen.
Ander Kwagga atlete wat eerste plekke behaal het:
- Dogters o.14: Riancke Slump - hamergooi (33,4 m) 750 punte.
- Dogters o.15: Debbie Verster - hamergooi (35 m) 770 punte.
- Lané Coertze - spiesgooi (34,81 m) 763 punte.
- Dogters o.16: Ellen Kleinsmidt - 100 m (13:10) 707 punte.
- Seuns o.16: Cashton Michaels - 100 m (11:20) 761 punte.
- Dogters o.17: Mire Reinstorff - 100 m H (16:10) 747 punte.
- Seuns o.17: Gustaf Schlechter - 800m (2:05.90) 568 punte.
- Seuns o.19: Daniël Snyman - hoogspring (1,80m) 550 punte.
- Zander Labuschagne - driesprong (12,67m) 477 punte.
ARTIKEL: ANDRé STANDER
'Ons bring jou die nuutste GEorge, Tuinroete nuus'