TUINROETE NUUS - Eden-driekamp het hul tweede byeenkoms vir juniors hierdie seisoen by Laerskool George-Suid aangebied.
Meer as 60 jong atlete tussen die ouderdomme van 4 en 11, van oor die hele Eden-streek, het deelgeneem.
Eden-driekamp se volgende byeenkoms vir seniors, 12 jaar en ouer, is die Eden-kampioenskappe wat by Groot-Brak op 2 Februarie aangebied word. Dit sal in die gewone formaat plaasvind en oor drie afstande beslis word waarna die Eden-span gekies sal word.
Fotogalery: Eden-driekamp junior byeenkoms
Almal is welkom om deel te neem: beginners, spanne en bergfietsryers ook.
Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook-blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
Die voorsitter van Eden-driekamp, Gerhard Liebenberg, het aan die George Herald gesê dié ontwikkelingsbyeenkomste is die suiwerste vorm van ontwikkeling vir junior atlete.
Die atlete word op 'n baie jong ouderdom blootgestel aan die Olimpiese sport van driekamp. Daar word nie vir plekke op 'n podium meegeding nie - deelname is bloot vir die pret.
Liebenberg het die hoof van Laerskool George-Suid, Sas du Plessis, en sy span jong onderwysers bedank vir die geesdrif en entoesiasme waarmee die geleentheid aangebied is.
Die volgende byeenkoms vir juniors sal op die 28ste Februarie, weer by Laerskool George Suid, plaasvind.
Na die swem moet die atlete drafskoene en 'n valhelm aantrek vir die fietsitem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'