Gallery
GEORGE SKAAK NUUS - Oor die naweek van 30 November en 1 Desember het die jaarlikse George ope skaaktoernooi by die Wilderness Hotel op Wilderness plaasgevind. 'n Totaal van 51 spelers het deelgeneem.
Die C en D afdelings is Saterdag 30 November afgehandel en oud en jonk het dit terdeë geniet. Spelers van so jonk as sewe het aan die toernooi deelgeneem.
Sterk kompetisie was aan die orde van die dag toe die A en B seksie op Saterdag en Sondag gespeel is.
Die George-skaakklub bedank George Swart (hoof arbiter) en Saskia Quirk (arbiter) vir hulle bydrae om van die toernooi 'n sukses te maak.
Dankie ook aan al die lede van die George-skaakklub wat oral gehelp het en 'n bydrae gelewer het om van die toernooi 'n sukses te maak.
'n Spesiale dank aan al die spelers wat hulle naweek opgeoffer het om die skaaktoernooi te kom ondersteun en die toernooi in 'n pragtige gees gespeel het.
MUST - Al dié spelers wat medaljes verwerf het, is van Holy Cross Primêr. Voor, van links: Nathan Chaonwa en Aiden Norgarb. Middel: Kayleigh Cornforth (7), Chloe Jade Rodriguez, Chinedu Uwa en Matthew Wiseman. Agter: Lily Lan en George Swart (voorsitter, George-skaakklub).
Die uitslae was as volg:
A Afdeling
- Neilre Hattingh - 1ste plek
- George Lawerlot - 2de plek
- George Swart - 3de plek
B afdeling
- Jason Jantjies - 1ste plek
- Gabriel Swartbooi - 2de plek
- Arno du Plessis - 3de Plek
C seksie
- Dylan da Silva Gomes – Goue medalje
- Paul Stafford – Silwermedalje
- Marnu Marx – Bronsmedalje
D Seksie
- Brent Schmidt – Goue medalje
- Kieran Muller – Silwermedalje
- Amy Johnson – Bronsmedalje
Klubvoorsitter George Swart (agter) saam met deelnemers Louise Conforth, Cara van der Merwe, Reinhardt Prins en Ebert le Roux.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'