Dié skietdag word gereël deur Anton Meyer vir sy suster, Anja van Niekerk, wat tans in Kaapstad intensiewe behandeling, waaronder chemoterapie, vir leukemia ondergaan.
Meyer het aan die George Herald gesê die reiskoste Kaap toe en terug vir die behandeling kos 'n aardige bedrag. En die chemo kan net in Kaapstad by die Mediclinic Constantia gedoen word. Die verblyf van die persoon wat haar soontoe neem, stoot die kostes verder op.
Hy sê sy suster kon die laaste agt maande nog glad nie werk nie en al haar siekte- en gewone verlof is boonop reeds uitgeput.
"Die klierkanker wat verlede jaar by Anja gediagnoseer is, het vererger en 'n maand gelede is beenkanker, ook 'n tipe leukemia, by haar gediagnoseer. Daarom wil ons alle skuts uitnooi om die dag ten bate van Anja by te woon."
Skuts met enige handwapens en haelgewere is welkom.