GEORGE ROLBALNUUS - Die Breedt-egpaar, Dirk en Petro, het pas geskiedenis gemaak deur die George-rolbalklub se enkelskampioenskappe vir mans en vroue te wen.
Dis die eerste keer in die klub se bestaan sedert 1932 dat 'n egpaar albei titels in een jaar wen.
Dirk het in die eindstryd sy gedugte teenstander, Neil Abrahamse, met 21-11 geklop. Petro was eweneens in haar eindstryd in 'n taai stryd gewikkel teen Marthie Pringle, wenner van die Eden-vroue se enkels, en het uiteindelik as wenner uit die stryd getree toe sy met 21-12 gewen het.
Die Breedt-egpaar het in 2015 ook die George-klub se enkelskampioenskappe vir beginners gewen.
Albei van hulle is tans steunpilare in die Eden inter-distrikspanne. Dirk is deel van die seëvierende Eden-mans senior span wat in die onlangse interdistrikte toernooi in Durban met die goue medalje weggestap het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'