GEORGE NUUS - Die eerste handwapen- en haelgeweerskiet vanjaar word Saterdag 24 Februarie by die George-sportskietklub se handwapenbane aangebied.
Dié byeenkoms begin om 08:00 en sal om 12:00 ten einde loop.
Dis nie 'n formele skietbyeenkoms nie en die idee is om op skuts se tegnieke en vaardighede te konsentreer.
Daar gaan op die sewe basiese grondbeginsels van skiet gefokus word.
Skuts gaan vir akkuraatheid na torso-teikens en valplate skiet.
Enigiemand is welkom, selfs diegene wat lanklaas geskiet het.
Lede betaal R20 vir baanfooie en nie-lede R50.
Opgeleide personeel sal byderhand wees om nuwelinge te help.
Die klub plaas 'n groot premie op veiligheid en skuts sonder 'n veiligheidsbril en gepaste oorbeskerming mag nie deelneem nie.
Die skietbaan is net verby die skouterrein op pad na die lughawe.
Draai links in rigting van vullisgate net na die skouterrein waar die skietbaan op die linkerkant is.
Vir enige inligting bel Anton by 083 382 4510 of antonmm@absamail.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'