De Swardt het tydens die onlangse oefenkamp wat hier aangebied is, gesê ongelooflik baie word gedoen om in die ontwikkeling van jong plaaslike sportlui te belê. Juis oefenkampe soos dié waaraan atlete van verskeie sportkodes, waaronder sokker, boks, netbal, bofbal en tafeltennis, deelgeneem het, is 'n tasbare bewys hiervan.
Atlete is tydens die tweedaagse kamp onder hande geneem deur 'n paneel bestaande uit sportwetenskaplikes en afrigters, wat die bestuurder van die Wes-Kaapse sportakademie, Wayne Weitz, die sportwetenskaplike van die akademie, Shaundré Jacobs, die bekende biokinetikus Pieter Breytenbach en die bestuurder van ETA in die Suid-Kaap, Henrico Louw, asook die akademie se hoofafrigters, Alliyah Allie en Stephnie McKay ingesluit het.
Benewens die oefenkamp is atlete ook ondersteun in die hantering van oefensessies, oefenprogramme is bespreek en spelers se fiksheid is getoets.
Die Eden-sportakademie se volgende groot projek is die werksessie vir sportafrigters op 22 November, wat vir alle sportkodes aangebied word.
Soepelheid is 'n belangrike komponent van atlete se fiksheid.
'Ons bring jou die nuutste Eden Distrik nuus'