GEORGE NUUS - Tydens die nasionale interdistrikte toernooi, die grootste in die land, het Eden-rolbal hul krag in SA rolbal herbevestig deur met drie medaljes terug te keer.
Die mans veteranespan en die mans B-span het goue medaljes verwerf terwyl die dames B-span 'n silwermedalje losgespeel het.
Die toernooi wat vanjaar in KwaZulu-Natal gespeel is, is die grootste en mees kompeterende toernooi vir provinsiale spanne van oor die land.
Die lede van die dames B-span met hul silwermedaljes is van links: C Griebe-nouw,
S Meyer, L van Vollenstee, J Botha (borgverteenwoordiger), G Steyn, R van Eeden,
J Meyer en M Coetzee.
Die lede van die mans veteranespan is agter, van links: J Snyman, T Strydom, J Combrink, verteenwoordiger van die borg, P Robbertse en P Lancaster.
Voor: R Gibbs, H Barnard en H Brumer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'