GEORGE ROLBALNUUS - Die Eden Mans B-rolbalspan het die afgelope week vir die eerste keer met die goue titel vanaf die hoogs kompeterende SA interdistrikte-toernooi in Kaapstad teruggekeer.
Dit het sedert die naweek behoorlik in rolbalkringe gegons oor die goue medaljes en veral oor die wyse waarop die span daarin geslaag het om deurgaans fokus te behou en die een gedugte teenstander na die ander ore aan te sit.
Die Eden-span moes onder andere met gedugte teenstanders soos JBA (of Lions soos hulle algemeen bekend staan), Noord-Gauteng en WP afreken. Eden het JBA uiteindelik met 8-4 verslaan.
Die kwaai hitte het die spelers behoorlik laat sweet en beamptes moes by tye aanmaakkoeldrank langs die bane voorsien sodat hulle hul suikervlakke kon aanvul.
Vier van die agt lede van die Eden-span is nuwelinge wat vir die eerste keer in die grootste toernooi in die land meegeding het. Een van die spanlede, Alhan van der Merwe, het agterna gesê dat die spangees die grootste rol gespeel het in hul sukses.
"Die hele span was vanuit die staanspoor soos een en die spelers het almal mekaar, tot die laaste bal gerol is, ondersteun," het hy gesê.
"Die hele span was vanuit die staanspoor soos een en die spelers het almal mekaar, tot die laaste bal gerol is, ondersteun," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'