EDEN DISTRIKNUUS - Eden-jaggeweerskietvereniging skop die 2018 jaarprogram af met 'n kliniek spesifiek gerig op die ontwikkeling van vroue en juniors in die Suid-Kaap area. Belangstellendes, wat die manne insluit, word uitgenooi om die verrigtinge op Saterdag, 10 Februarie om 09:00 by Louvain Gasteplaas in die Bo-Langkloof by te woon.
"Bring iets om te ete en drinke saam en genoeg sonroom. Oorbeskerming is 'n vereiste en 'n skietbril hoogs aan te beveel."
Skietentoesiaste moet hul eie jaggeweer en ongeveer 30 rondtes saamneem en word dan deur die vereniging se nasionale en provinsiale skuts touwys gemaak in staan-, sit-, kniel- en lêposisies.
Alle ruste en teikens sal voorsien word. Daar gaan ook op staalplate geskiet word tot op 350m. Persone wat belangstel in die geleentheid kan kontak maak met Junita van Zyl, EHRSA se vroue in sport verteenwoordiger (082 575 9299) of Christo Delport die ondervoorsitter (079 498 6227) en ook die facebookblad dophou vir verdere inligting asook aanwysings.
"Kom maak van die geleentheid gebruik om meer van skiet se geheime wenke te kry en ook hoe om verder by die Formule 1 van skietsporte betrokke te raak."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'