GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub se jaarlikse driespelkampioenskap het vanjaar weer puik spel opgelewer met klubmaats wat mekaar met mening gepak het.
Die wenners van die manskampioenskap was Tiaan Tredoux (skip), Jens Seeberger (lei) en Marius Roberts (2de). Die naaswenners is Greg Young (skip), Das Barnard (lei) en Alhan van der Merwe (2de).
Die dameswenners is Susan Meyer (skip), Loureth Otto (lei) en Marlene Coertze (2de) met Anri Fick (skip), Amelia Oelofse (lei) en Gillian Yong (2de) wat silwer verseker het.
Van links: Alhan van der Merwe, Das Barnard en Greg Young. Die wenners, wat regs verskyn is van links: Tiaan Tredoux, Jens Seeberger en Marius Roberts.
Die silwer-wenners van die vrouedriespel is van links: Amlia Oelofse, Anri Fick en Gillian Young. Die kampioene, wat regs staan is van links: Susan Meyer, Loureth Otto en Merlebe Coertze.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'