GEORGE NUUS - Fanie Dekker van George-gholfklub was in ekstase toe hy 'n volmaakte gelukhou op Humewood se gholfbaan behaal het.
Dekker het in die Qaccs Nasionale-toernooi gespeel toe hy die prestasie op die 14de puntjie behaal het. Dit was die tweede volmaakte gelukhou wat op hierdie jaarlikse nasionale toernooie behaal is.
Hier hou Dekker die balletjie vas waarmee hy die gelukhou geslaan het terwyl Bryan Wilson, kaptein van Qaccs Suid-Kaap, die sertifikaat vashou.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'