Video
GEORGE NUUS - Vir die afgelope paar jaar dra Joseph Booysen sy deel by tot gholfontwikkeling in Rosemoor deur kinders by die sport betrokke te kry.
Elke Saterdag kry belangstellendes die geleentheid om 'n paar balle te slaan, en van tyd tot tyd bied hy ook gholfklinieke aan.
Op Saterdag 6 September het sowat 50 kinders uit die gemeenskap aan 'n gholfkliniek op die oefenbaan in Rosemoor deelgeneem.
Booysen werk intussen aktief met omtrent 10 jong spelers wat reeds provinsiale kleure verwerf het.
Volgens hom lê daar nog groot potensiaal in die omgewing.
"Ons hou die kinders van die strate af en leer hulle van eerlikheid en wat dit beteken om vir jou drome te werk. Hier is baie talent, dit moet net ontdek word," sê hy.
Booysen nooi die gemeenskap uit om sy projek te ondersteun. Vir meer inligting of om 'n bydrae te maak, skakel hom by 061 525 1774.
Watch a video below.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’