Union Stars se spelers is tydens 'n glansgeleentheid in die Bridgton Senior Sekondêre Skool se saal vereer vir hul prestasies gedurende die 2013 en 2014-krieketseisoen.
Bredenkamp is ook aangewys as die klub se A-span bouler en kolwer van die jaar.
Tydens die geleentheid het Simon Swigelaar, erepresident van die klub, aan die spelers gesê om ten alle tye op die spel te fokus en om geleent-hede met beide hande aan te gryp. Hy het hulle aangemoedig om altyd 'n hoë standaard van dissipline te handhaaf en te waak daarteen om die spel in oneer te bring nie. "Union Stars was nog altyd die klub wat die toon aangegee het en julle moet dit in die toekoms nastreef," het hy gesê.
Die voorsitter, Enrique Petersen, het nadat hy 'n breedvoerige oorsig van die klub se bedrywighede vir die seisoen gegee het, die spelers en bestuur bedank vir hul toewyding, asook die klub se ondersteuners vir hul ondersteuning tydens wedstryde. "Jul ondersteuning dra altyd by tot die sukses van die klub," het hy gesê.

Leroi Bredenkamp, Union Stars se sportman, kolwer en bouler van die jaar.

Union Stars-krieketklub se bestuur is van links Densil Erasmus, Pat Sambo, Wayne Wagenaar, Simon Swigelaar (erepresident), Enrique Petersen, Moses Carolus, Chris Andries en Goliath Ewerts.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'