Die President van die SWDKR, mnr. Rudy Claassen, het Vrydagaand tydens die prysuitdelingsfunksie in sy presidentsrede die hoogtepunte in 'n neutedop saamgevat.
"Die eerste krieketakademie in die provinsie in 2010 was 'n groot sukses gepaardgaande met die SWD wat suksevol die Krieket Suid-Afrika (KSA)Akademieweek gedurende September in Oudtshoorn aangebied het.
"SWD sal weer in 2011 dieselfde toernooi in Oudtshoorn aanbied. Verskeie skoliere wat belowende krieketspelers is, het gebaat by 'n beursskema wat deur KSA gefinansier word.
"Die KFC Mini krieketprogram in die provinsie verdien vermelding en spesifiek die prestasies van Meryl Daniels (as administrateur en afrigter) wat op nasionale vlak presteer het. SWD was ook die gasheer vir 'n Mini krieket promosietoer vir KSA en die borge.
"Die jaarlikse borgskap van Chevrolet vir die prestasie van uitnemendheid program wat fokus op die ontwikkeling van elite spelers en afrigters het 'n groot bydrae gelewer om die prestasies van verteenwoordigende provinsiale spanne te bevorder. "Wat die opleiding van afrigters, beamptes, skeidsregters en administrateurs aanbetref is verskeie kursusse op alle vlakke aangebied. Jean Neethling en Faizel Samsoodien het presteer en by verskeie KSA toernooie as skeidsregters opgetree.
"Die Standard Bank Pro 20 skoleliga, waar die bywoning van skole vanaf twaalf (in 2009/10) tot 22 (in 2010/11) uitgebrei is, was ook 'n groot inspuiting vir skolekrieket in die provinsie. Oute-niqua het die seisoen die kompetisie gewen.
"Sewe klubs het baat gevind by die klub ontwikkelingsprogram wat deur die departement van kultuursake en sport befonds is en wat vervoerkoste en uitrusting gesubsideer het.
"Die befondsing van R3,8 miljoen deur die Nasionale Loterye het die geldkoffers van die Raad 'n beduidende inspuiting gegee. Benewens verskeie ontwikkelingsprojekte sal 'n nuwe kantoorkompleks, waarvan die bouwerk reeds in pro-ses is, by die REC krieketstadion opgerig word. 'n Elektroniese telbord is reeds opgerig en sal volgende seisoen in gebruik geneem word.
"Daar is 'n indrukwekkende lys van prestasies wat vermelding verdien. Die SWD-senior span het sy beste seisoen ooit gehad en was algeheel een van die top vier spanne in die KSA uitdaagreeks danksy goeie individuele prestasies deur Niel Bredenkamp en Ross McMillan," het hy gesê.
_jpg (Small).jpg)
Griffith Makok, Andries van Schalkwyk en Aubrey Jansen (van links) tydens die oorhandiging van die lewenslange bydrae-toekennings.
_jpg (Small).jpg)
Monique Booysen (regs), SWD-vrouespeler vir 2010/11, ontvang die trofee van me. Shireen Noble (voorsitter van die SWD-Krieketraad se Vrouekrieket-komitee).
_jpg (Small).jpg)
Dillon Moos (regs), ontvang die toekenning as tellinghouer van die seisoen vir 2010/11 van mnr. Lungelo Stuurman (lid van die uitvoerende bestuur van die SWD-Krieketraad).