Die Kwaggas het die titel Maandag verower toe hulle die Hoërskool Oudtshoorn in die finaal, wat op die REC plaasgevind het, met 5 paaltjies geklop het.
Oudtshoorn, wat eerste gekolf het, het danksy ‘n prag beurt deur Jaco van Greunen (52; 41 balle; 1x6, 2x4) 115/4 in hul toegelate 20 boulbeurte behaal.
Kurtley Kannemeyer (2/26) was Oute-niqua se beste bouler.
Outeniqua se aanslag is gelei deur die SWD 0/17-kolwer, Du Toit Hills, wat met ‘n skitterende aanvallende beurt van 58 (39 balle; 2x6, 5x4) die Kwaggas in staat gestel het om die wenteiken (118/5) te behaal met die tweede bal van die 18de boulbeurt.
Oudtshoorn se boulers het die span erg in die steek gelaat met onnodige foutballe.
Outeniqua speel volgende week saam met die provinsiale wenners van Kei, Grens en die Oostelike Provinsie in ‘n uitklopreeks om te bepaal wie die Warriors in die Krieket Suid-Afrika finale ronde in Stellenbosch gaan verteenwoordig.
.jpg)
Die spanlede van die Hoërskool Outeniqua se gedugte krieketspan wat die Standard Bank Pro 20-kompetisie van die SWD gewen het, is van links (agter) Dean Muller, Johandré Barnard (k), Du Toit Hills, Ricus Cronjé, Herman Haupt, Johandré Barnard, Cornel April, Lorenzo Rhoode en Prieur du Plessis (afrigter). Middel: Kurtley Kannemeyer. Voor: Eaton Coeries, Eldin Daniels, Marcello Piedt en Lerique du Plessis.