GEORGE NUUS - Die 20-jarige Ryan Mphahlele (voor in middel) van Tembisa het sy tweede droommyl in drie dae gehardloop toe hy op Woensdag 19 Desember 'n skitterende 3:57,95 by die Bestmed Madibaz-straatmyl op die NMU George-kampus aangeteken het.
Dit is ook die eerste droommyl ooit op hierdie moeilike NMU-roete. Mphalele het ook die Maandag op Oudtshoorn 'n skitterende 3:56,04 gehardloop.
Die Elite-vrouewedloop is deur die topatleet, Irvette van Zyl (Nedbank) in 'n ewe indrukwekkende 4:44,17 gewen.
Die beste SWD mans- en vroueatlete was Lloyd Bosman (Nedbank) met 4:08,42 en Elne Conradie (Hartenbos Drawwers) in 5:20,67 onderskeidelik.
Die Bestmed Madibaz-fietsrykermesse het puik fietsry opgelewer. Die Elite-manswedren is op indrukwekkende wyse gewen deur een van SA se topryers, Reynard Butler. Die Elite-vrouewedren is gewen deur Liezel Jordaan met Charlize Murphu tweede en Alissa Coetzer derde.
In die Bestmed Madibaz Eliminator, wat ook as deel van die straatmylreeks aangebied is, is die ope vroue-kategorie gewen deur Shuana Esmeyer, die ope mans deur Tristan Nortje en die junior seuns deur Zandré Gerber.
Die manne wat agter die skerms gewoel het om seker te maak die Bestmed Eden-straatmylreeks bly op koers. Van links: Dave van der Walt (Eden-sportraad), Hans van der Veen, die hooforganiseerder en hart agter die Bestmed Eden-straatmylreeks, en Lerato Mogorosi.
Alissa Coetzer was derde in die Elite-vroue wedren terwyl Zandré Gerber in die Bestmed MTB Eliminator die kategorie vir junior seuns gewen het.
Irvette van Zyl het die Elite-vrouewedloop in 'n indrukwekkende 4:44,17 gewen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'