SPORTNUUS - Die SWD Golden Games het op 27 Oktober by die De Jager-sportkompleks plaasgevind.
Deelnemers van 60 jaar en ouer het ondermeer aan baanitems soos die 500 m-flinkloop, eentjie-stap, en gooi-die-bal-deur-die-ring, en velditems soos rugby-balgooi en jukskei deelgeneem.
Hierdie deelnemers wat in Augustus aan die Eden Golden Games deelgeneem het en van Riversdal, Mosselbaai, George, Knysna, Plettenbergbaai en Oudtshoorn kom, het deurgedring na die SWD-byeenkoms.
Die Dare to Care-trompoppies van Dysselsdorp het soos gewoonlik die verrigtinge met hul roetine geopen.
Uitslae:
800 m (mans 60 tot 69 jaar oud)
- George - eerste plek
- Johan Meyer - tweede plek
800 m (mans 70 plus jaar oud)
- George - eerste plek
- Mosselbaai - tweede plek
200 m (dames 60 tot 69 jaar oud)
- George - eerste plek
- Mosselbaai - tweede plek
- Bitou - derde plek
200 m (mans 60 tot 69 jaar oud)
- Knysna - eerste plek
- Bitou - tweede plek
200 m (mans 70 plus jaar oud)
- Knysna - eerste plek
- Bitou - tweede plek
400 m (Dames 60 tot 69 jaar oud)
- Knysna - eerste plek
400 m (mans 60 tot 69 jaar oud)
- George - eerste plek
- Geoffrey Toll - tweede plek
- Jeffrey Sass - derde plek
100 m (dames 60 tot 69 jaar oud)
- Mosselbaai - eerste plek
- Rebecca Delport - tweede plek
- Bitou - derde plek
100 m (mans 60 tot 69 jaar oud)
- Oudtshoorn - eerste plek
- George - tweede plek
- Hessequa - derde plek
100 m (dames 70 plus jaar oud)
- Hessequa - eerste plek
- Bitou - tweede plek
100 m (mans 70 plus jaar)
- Marthinus Pieter - eerste plek
- Hessequa - tweede plek
- Oudtshoorn - derde plek
500 m flink loop (dames (60 - 69 jaar oud)
- George - eerste plek
- Hessequa - tweede plek
- Mosselbaai - derde plek
500 m flinkloop (dames 70 plus jaar oud)
- George - eerste plek
- Bitou - tweede plek
- Hessequa - derde plek
500 m flinkloop (mans 60 - 69 jaar oud)
- Hessequa - eerste plek
- Mosselbaai - tweede plek
- Oudtshoorn - derde plek
500 m-flinkloop (mans 70 plus jaar oud)
- Oudtshoorn - eerste plek
4 x 100 m-aflos (Dames 60 - 69 jaar oud)
- Mosselbaai - eerste plek
- Hessequa - tweede plek
4 x 100 m-aflos (mans 60 - 69 jaar oud)
- Mosselbaai - eerste plek
4 x 100 m-aflos (mans 70 jaar plus)
- George - eerste plek
- Hessequa - tweede plek
Mansdeelnemers besig met die flinkstapitem.
Deelnemers het 'n medalje vir hulle deelname ontvang.
Die Dare to Care-trompoppies met die eerste item van die dag.
Toeskouers en deelnemers van verskeie spanne het gesorg vir 'n opwindende atmosfeer. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'