Cohen Gallant van York High het in die seuns o.15-ouderdomsgroep goud in die 100 m gewen en ook brons in die 200 m. Hy was deel van die Wes-Kaapse span wat 'n nuwe SA rekord opgestel het in die 4x100 m-aflos.
SUID-KAAP NUUS - Atletiek SWD se hoërskoolatlete het gepronk by die SA skole-atletiekbyeenkoms wat die afgelope naweek in Durban plaasgevind het.
Die Suid-Kaap het vier goue, agt brons- en vyf silwermedaljes ingeoes.
Die 16-jarige Meike Strydom van Hoërskool Outeniqua, het die gewigstoottitel vir die vierde jaar agtereenvolgens gewen. Haar wenafstand in die o.17-afdeling was 16,38 m.
Sy het vroeer die seisoen by 'n byeenkoms op Oudtshoorn 'n nie-amptelike Suid-Afrikaanse rekord van 17,55 m opgestel.
"Alhoewel ek nie tevrede is met my afstand nie voel ek baie trots op die prestasie wat ek behaal het. My groot droom is om nog vanjaar oor die 18 meter te stoot," het Strydom aan die George Herald gesê.
Cohen Gallant van York High het in die seuns o.15-ouderdomsgroep die 100 m in 10:85 gewen en brons in die 200 m (22:61) verower. Hy was deel van die Wes-Kaapse span wat 'n nuwe SA rekord opgestel het in die 4x100m aflos (42:15).
Die talentvolle Luke Gauche van Glenwood House het 'n silwermedalje ingeoes in verspring vir seuns o.17 met 'n puik afstand van 7,21m.
Die Kwagga Stefan van Wyk het silwermedaljes gewen het in die
1 000 m-wisselaflos (1:55.70) en 4x100 m-aflos (42:97). In die wisselaflos het Wes-Kaap ook die SA rekord verbeter. Nog 'n Kwagga, Ellen Kleinsmidt, het in die o.15-ouderdomsgroep goud gewen het in die
1 000 m-wisselaflos (2:16.40) en silwer in die
4x100 m-aflos (49:18).
Nog 'n leerder van Hoërskool Outeniqua, Nolene van Rensburg, was tweede oor die wenstreep in die 5000 m-stap vir dogters o.17 (27:17.86).
James Pratt van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal het 'n silwermedalje gewen in die 10000 m-stap vir seuns o.19 (50:19.79).
In paalspring vir seuns o.19 het Ruan Norman van Outeniqua 'n bronsmedalje verower met 'n hoogte van 2,80 m.
Antonio Farmer van York High was tweede in die 10000 m-stap vir seuns o.17 in 'n tyd van 53:07.38.
Sherno Pick van Hoërskool Punt het 'n bronsmedalje gewen in hoogspring vir seuns o.19 (1,94 m).
Die belowende Kwagga Simonn Swanevelder het 'n silwermedalje gewen in paalspring vir dogters o.17 met 'n puik hoogte van 3,40 m.
Andreé Roux van Outeniqua (Wes-Kaap) wat in die 4x100 m-aflosspan (o.19) wat 'n bronsmedalje gewen het in 49:05.
Bianca le Grange van Langenhoven Gimnasium (Oudtshoorn) het in die dogters o.19 se 4x400 m-aflossspan wat 'n bronsmedalje gewen het in 4:02.85.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'