GEORGE NUUS - Die Eerste Van Kervel 10 km- en 5 km-aandwedlope, geborg deur Top Gear Sport, aangebied deur Outeniqua Harriers, het op Woensdag 12 Februarie by Van Kervel-skool se rugbyveld plaasgevind.
Die byeenkoms, wat beslis 'n jaarlikse instelling gaan word, het groot getalle atlete gelok ten spyte van die weer wat aanvanklik baie warm en winderig was.
Die toestande het egter verbeter teen die tyd dat die atlete begin hardloop het.
Die organiseerders was verbaas, maar baie gelukkig, met die meer as 450 atlete wat ingeskryf het.
Medaljewenners is na die tyd met 'n boereworsrol en 'n koffie van Seattle Coffee Co. bederf.
Die groot aantrekkingskrag was waarskynlik die gelukstrekkings wat onder andere 15 paar skoene ter waarde van R2 800 elk, ingesluit het.
Uitslae:
Mans
1. Selwyn Matthews (Nedbank) 32.46
2. Bruce Maboza (Nedbank) 32.55
3. Wayne April (Nedbank) 33.20
Dames
1. Melissa van Rensburg (Nedbank) 40.25
2. Hanlie Schamrel (Nedbank) 43.17
3. Aneliswe Mlunghuza (tydelike atleet) 44.19
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’