ATLETIEK NUUS - Hoërskool George loop breë bors rond, want vier van sy leerders is opgeneem in die Eden-span vir uitnemende prestasie in atletiek.
Hulle het onlangs deelgeneem aan die Hoërskole Track and Field-atletiekkampioenskappe by die De Jager-sportstadion in Oudtshoorn waar hulle gekwalifiseer het vir die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms.
As hierdie atlete suksesvol in die Paarl is, sal hulle die Wes-Kaap verteenwoordig by die SA kampioenskappe in Gauteng gedurende die skoolvakansie. Raymondre Samson weet waaroor dit gaan.
Hy het al die Wes-Kaap by die SA kampioenskappe verlede jaar verteenwoordig.
Hy hoop om te verbeter op sy goeie prestasies van verlede jaar. Die atlete is in goeie hande want hulle word goed afgerig deur Elmo Botha.
Volgens 'n woordvoerder van die skool is hulle baie trots op die atlete se vernuf, deursettingsvermoë en prestasies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’