GEORGE NUUS - Die Palm Tyres 10 km- en 5 km-padwedlope het op Saterdag 28 Junie weer groot skares gelok.
Die Rainbow-atletiekklub het die geleentheid in samewerking met verskeie borge aangebied in winderige, maar feestelike omstandighede, met Coca-Cola se musiekwa wat die atmosfeer verder aangehits het.
Atlete van oor die streek het om 08:00 weggespring vir albei wedlope, en die 10 km-wedloop het vanjaar 'n indrukwekkende 452 deelnemers gelok waarvan 388 die wedloop voltooi het.
In die mansafdeling van die 10 km het Selwyn Matthews van Nedbank-atletiekklub met 'n tyd van 30:37 die oorwinning behaal, gevolg deur Francois Maquassa (32:09) en Austin Koopman van Rainbow-atletiekklub (32:52).
Carla Spangenberg (40:12) van Nedbank het die vroueafdeling gewen, met Jess Hayes-Hill (40:21) van Maverick tweede en Kezia Matthysen (41:22) van Nedbank derde.
In die 5 km het Thinus Erasmus van Hoërskool Outeniqua die wenstreep eerste bereik in 'n tyd van 15:29, met Willene Lingerveld die eerste vrou in 18:35.
Sidwell Oktober saam met Francois Maquassa, Selwyn Matthews, Austin Koopman, PJ Botha en Malcolm Kapank.
Framesby-skool van Uitenhage het die prys van R1 000 vir die meeste inskrywings gewen.
Volgens Rainbow se erepresident Norton Scholtz en voorsitter Sidwell Oktober, het die opkoms hulle verwagtinge oortref.
Palm Tyres-voorsitter PJ Botha het aangedui dat die wedloop in 2026 nóg groter beplan word, met die 28ste aanbieding reeds in die vooruitsig.
Sidwell Oktober op die podium saam met Kezia Matthyzen (3de Plek), Carla Spangenberg (wenner) en Jess Hayes-Hill (2de plek). Foto's: Deidre Cloete
Deseray du Toit het duidelik haar wedloop geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’