Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Tien rekords het gespat en een is geëwenaar by die geslaagde kleure-atletiekbyeenkoms van Hoërskool Outeniqua.
Die groenspan was die wenspan en die geelspan het die trofee ontvang vir die span met die beste gees.
Die 17-jarige Meike Strydom, huidige SA rekordhouer in die gewigstoot vir dogters o.18, het die beste individuele prestasie van die dag gelewer.
Meike, wat in die o.19-ouderdomsgroep deelgeneem het, het die gewigstoot in 'n nuwe byeenkomsrekord van 14,93 m gewen.
Hierdie uitsonderlike prestasie sou vir haar 960 punte besorg het op ASA se puntetabel.
Nie net het sy die diskusrekord verpletter met 'n puik afstand van 40,56 m nie, maar ook die hamergooititel gebuit met 'n afstand van 32,66 m.
Kyk 'n video hieronder:
Die volgende atlete het ook rekords verbeter:
- Dogters o.14: Riancke Slump, hamergooi (34,5 m); Aine Ferreira, paalspring (2,10 m).
- Seuns o.14: Loudrie Pretorius, hoogspring (1,67 m).
- Seuns o.15: Juan Terblanche, paalspring (3,0 m).
- Dogters o.17: Ancois Jordaan, hamergooi (43,05 m).
- Seuns o.17: Cashton Michaels, 100 m (11:00). Ewenaar rekord.
- Dogters o.19: Simonn Swanevelder, paalspring (3,09 m).
- Seuns o.19: Hanno du Plessis, hamergooi (58,47 m). Marnel Coetze, paalspring (3,90 m).
Meike Strydom het by die Kwaggas se kleure-atletiekbyeenkoms die beste individuele prestasie van die dag gelewer toe sy in die gewigstoot vir dogters o.19 'n nuwe byeenkomsrekord van 14,93 m opgestel het.
Beste prestasie in ouderdomsgroep:
- Dogters o.14: Riancke Slump, gewigstoot (11,29 m) met 870 punte.
- Seuns o.14: Loudrie Pretorius, hoogspring (1,67 m) met 600 punte.
- Dogters o.15: Neline Naude, gewigstoot (10,97 m) met 840 punte.
- Seuns o.15: J D Heyns, gewigstoot (14,70 m) vir 750 punte.
- Dogters o.17: Ancois Jordaan, hamergooi (43,05 m) vir 890 punte.
- Seuns o.17: Cashton Michaels, 100 m (11:00) vir 780 punte.
- Dogters o.19: Meike Strydom, gewigstoot (14,93 m) vir 960 punte.
- Seuns o.19: Hanno du Plessis, hamergooi (58,47 m) vir 870 punte.
Loudrie Pretorius het uitgemunt in die hoogspring vir seuns o.14 (1,67 m), maar sy veelsydigheid bewys deur ook die 90 m-hekkies in 16:50 te wen.
Die talentvolle Talita Reinstorff (dogters o.14) het 'n tweekuns behaal deur die 80 m-hekkies in 14:90 en 100 m in 14:03 te wen.
Lane Coetze (dogters o.15) het 'n vierkuns behaal deur die 90 m-hekkies (15:10), 100 m (13:70), 200 m (29:20) en spiesgooi (34,17 m) te wen.
Russel Tenteni (seuns o.15), het 'n tweekuns in die kort naellope behaal deur die 100 m (11:60) en 200 m (25:30) af te blits.
Ellen Kleinsmidt, (dogters o.17) het die 100 m in 12:80 en 200 m in 29:00 gewen.
Nolene van Rensburg, (dogters o.17) het 'n driekuns behaal deur die driesprong (9,91 m), verspring (4,91 m) en 400 m (1:03.50) titels te buit.
Lane Coetze (dogters o.15) het 'n vierkuns behaal deur die 90 m-hekkies (15:10), 100 m (13:70), 200 m (29:20) en spiesgooi (34,17 m) te wen.
Die belowende Gustav Schlechter (seuns o.17) het die 800 m in 2:10.20 en 1500 m (4:44.90) gewen.
Theron Human het die 100 m (11:20) en 200 m (22:80) gewen vir seuns o.19.
Stephany Petro het die 1500 m vir dogters o.17 in 'n vinnige 5:09.80 gewen en net-net nie die rekord verbeter nie.
ARTIKEL & FOTO'S: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
VIDEO: WESSEL VAN HEERDEN
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'