GEORGE NUUS - Die Hoërskool George-gemeenskap is in 'n feestelike gees ná Xhaiden Williams, 'n leerder aan die skool, nasionale kleure in tafeltennis verwerf het.
Xhaiden is tans onderweg na Nigerië, waar hy Suid-Afrika by 'n internasionale tafeltennistoernooi gaan verteenwoordig.
Volgens die skool is Xhaiden se prestasie 'n bewys van sy toewyding, harde werk en deursettingsvermoë, en 'n inspirasie vir medeleerders.
Op 'n spesiale oomblik is Xhaiden ook gelukgewens deur die waarnemende skoolhoof, Franel Oosthuizen, wat sy trots namens die hele skoolgemeenskap uitgespreek het.
Hoërskool George wens vir Xhaiden alle voorspoed toe op die internasionale verhoog.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’