SKOLENUUS - Carpe Diem Skool is dankbaar vir 'n ruim skenking van produkte vir die behandeling van klein noodgevalle en alledaagse kwale onder die skool se leerders.
'n Skenking van R25 000 deur Adcock as deel van die maatskappy se korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsprojekte maak dit moontlik.
Die produkte sal deur The Local Choice-apteekgroep aan die skool verskaf word.
Die skoolhoof, Elzeth Grobler, sê benewens die alledaagse behoeftes van die leerders moet elke klaskamer en bus wat die leerders vervoer 'n noodhulptassie hê. Die skenking stel die skool in staat om in hierdie belangrike behoeftes te voorsien. Hulle benodig ook altyd doeke.
"Hierdie produkte is noodsaaklik om ons kinders fisies te kan versorg en is deel van dit wat ons doen om hulle lewens te verander.
"Ons is ontsettend dankbaar. Mense besef nie altyd wat 'n groot verskil hulle bydraes maak nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’