Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Kiesers beweeg stadigaan na die United Congregational Church of SA in Parkdene vir vandag, Woensdag 14 Februarie, se tussenverkiesing in dié wyk.
Tans sien 'n mens meer ondersteuners van die vier politieke partye wat hier meeding, as kiesers, maar dis nog vroeg in die dag.
VIDEO: Kyk 'n video hieronder. Video: Michelle Pienaar
ANC is op hulle pos by die Congregational Church in Parkdene.
EFF geniet die ondersteuning van die PBI, verteenwoordig deur PR-raadslid Maria Greeff.
Richard Hector (links) en Wax Jacobs (in die motor) ry vamdag taxi om kiesers na die stempunt te bring. Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’