Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die opposisie se ongelukkigheid met die hantering van die raadsvergadering deur die speaker van die stadsraad, Sean Snyman, het vanoggend (Maandag 28 Maart) oorgekook.
Lede en ondersteuners van die PBI en Good het by die munisipaliteit aan ‘n protesaksie deelgeneem.
Hulle het plakkate gedra waarop onder meer gestaan het, “Ons het die reg om te praat in raadsvergaderings”, “Ons vra vir ons mense moenie ons muilband nie” en “Die speaker vertrap ons vryheid van spraak”.
Die geleentheid is deur senior lede van die partye se leierskorps bygewoon waaronder Virgill Gericke van die PBI en Donovan Saptoe van Good. Hulle is ook beide stadsraadslede.
Aanvanklik het hulle voor die munisipale gebou in Yorkstraat begin en toe ombeweeg na die agterste ingang. Die deur van die gebou is toegesluit en lede van die publiek, wat munisipale sake daar wou afhandel, moes buite wag. Die polisie het ’n rukkie later opgedaag.
Van die PBI en Good se raadslede wou na die raadsaal gaan, maar hulle kon nie toegang tot die gebou verkry. Samesprekinge tussen die partye se ondersteuners en lede van die polisie het toe plaasgevind en die situasie is ontlont. Alles het vreedsaam verloop.
Saptoe het gesê dis ‘n gesamentlike aksie van die opposisie om hul ontevredenheid uit te spreek oor die wyse waarop die “DA- speaker” raadsvergaderings “manipuleer”.
VIDEO: Partye ongelukkig oor speaker
Die opposisie kry nie geleentheid om oor pertinente sake te debatteer nie. Dit sluit in byvoorbeeld dienslewering aangeleenthede.
Vergaderings vind ook virtueel plaas. Wanneer lede van die opposisie wil praat word hulle “gemute”.
“Ons is openbare verteenwoordigers. Ons is wetlik verkies en kan nie ons werk doen nie.”
Gericke het gesê hulle hoop dat die aangeleentheid vinnig opgeklaar gaan word.
Hulle het regsadvies gekry en is van voorneme om ‘n hofbevel te kry om Snyman uit die pos te verwyder.
Volgens Gericke is Snyman baie onbekwaam vir die pos.
*Die George Herald het navraag by die George munisipaliteit gedoen en sodra reaksie ontvang word sal dit bygewerk word.
Lede en ondersteuners van Good en die PBI voor die munisipale gebou.
Lede en ondersteuners van Good en die PBI in Yorkstraat.
Donovan Saptoe van Good en Virgill Gericke van die PBI klop aan die deure van die munisipale gebou om toegang te verkry.
Speaker Sean Snyman reacts:
“As Speaker, I have recently faced several allegations which include not showing impartiality in presiding over the George Council.
“My role as Speaker primarily entails maintaining discipline in Council and ensuring that Councillors represent the interests of their local communities. This is done, inter alia, via ensuring council meetings are conducted in an orderly manner or fashion, in line with the Council’s Rules of Order and in accordance with items on the agenda whilst also adhering to the Code of Conduct for Councillors.
“Council meetings cannot be allowed to turn into a political circus and I am committed to ensuring we, as elected councillors, uphold the high standards the public expects from us.
“There are formal processes that councillors may follow if they feel aggrieved and I encourage all councillors to use these formal processes.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'