Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Inwoners van Rosedale-plakkerskamp (PK) trek vanoggend by die verkeersligte in Beachweg saam, oorkant Delville Park, om te betoog oor haglike lewensomstandighede.
Die betoging is gereël met die hulp van die PBI party. Inwoners kry tans 'n kans om hulle gedagtes te deel. Een van die grootste kwessies is die gevoel onder inwoners dat hulle oor die hoof gesien word vir behuisingsgeleenthede in die Erf 325-behuisingsontwikkeling.
Leier van die PBI Virgill Gericke het gesê ofskoon hulle vanoggend memorandums wou oorhandig aan beide George-burgemeester Leon van Wyk en die Pacaltsdorp-polisie, gaan dit nie meer gebeur nie.
Pacaltsdorp-polisie het vroeër onttrek en die burgemeester het glo aangedui dat hy nie in persoon daar gaan wees nie. Tans hou lede van die openbare orde polisie 'n ogie oor die verrigtinge.
Die geweld en misdaad in Rosedale-plakkerskamp is nog 'n kwessie wat swaar op inwoners se harte lê.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'