NASIONELE NUUS - Tien mense is die afgelope naweek op die Wes-Kaap se paaie dood.
Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa sê die dodetal sluit in ses voetgangers wat deur voertuie getref is.
Die jongste voetganger is ‘n 2-jarige seun wat deur ‘n voertuig in Langa naby Kaapstad getref is.
Africa sê altesaam 45 motoriste is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Hy sê die hoogste alkohol lesing is op Vredenburg geneem waar die bestuurder ses keer oor die wettige limiet was.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'