Charl van den Berg (33), voormalige Mnr. Gay Suid-Afrika wat die wêreldtitel in 2010 verower het, is verlede week dood nadat limfoom vroeër by hom gediagnoseer is.
“Ons het ’n lid van ons familie, ’n held en ’n vriend verloor,” lui ’n verklaring op Mnr. Gay Wêreld se webwerf. “Hy sal altyd ’n ikoon vir baie mense oor die wêreld wees.”