OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Vrou van Oudtshoorn is per helikopter hospitaal toe vervoer nadat haar motor vandag oor ‘n afgrond op die Swartbergpas gery het.
Sy was uit die rigting van Prins Albert na Oudtshoorn onderweg toe sy ongeveer 2 km voor die einde van die pas die pad verlaat het.
Paramedici het haar op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy deur die AMS-reddingshelikopter in ‘n harnas opgelig is.
Drie mense wat by die toneel verbygery het, het aanvanklik gedink dis ‘n leë motorwrak wat ongeveer 30m van die pad af lê, maar het toe besef daar is iemand in die motor.
Hulle het hulp ontbied.
Die vrou se man en seun was later ook op die toneel.
Die aard van die vrou se beserings is onbekend, maar sy was by haar bewussyn.
Kyk 'n video hieronder.
Die AMS-reddingshelikopter.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'