Update Video
NASIONALE NUUS - ‘n Bejaarde inwoner van Groot-Brakrivier wat op sy hoewe aangeval is, is gister per helikopter vanaf die George hospitaal na die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad oorgeplaas.
Die slagoffer, wat in sy laat 70’s is en intussen geïdentifiseer is as Colin Bone, is steeds in ‘n koma ná hy ernstige kopbeserings opgedoen het.
Bone het alleen saam met sy drie Jack Russels op die kleinhoewe gewoon en is vermoedelik Sondag aangeval.
‘n Buurman, Tiny Lourenco, het gisteroggend op ‘n erg beseerde Bone afgekom waar hy in ‘n plas bloed langs ‘n bed in die huis gelê het.
Lees meer op Susterspublikasie, Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’