Man kry kobra in sy bed

Mornay Thysse met die Kaapse kobra van ongeveer 1,2 m wat in 'n padwerker se bed wou oornag. Foto verskaf

NASIONALE NUUS - 'n Kaapse kobra van ongeveer 1,2 m het Dinsdagaand gesorg dat 'n man blitsvinnig uit sy bed gespring het.

Volgens Mornay Thysse van die Oudtshoorn-brandweer, is hy Dinsdagaand om ongeveer 21:00 na 'n huis buite Dysselsdorp ontbied waar 'n werkspan, wat aan die N12 werk, woon.

Volgens hom het een van die werkers met groot oë verduidelik dat daar 'n slang in sy bed is.

Lees meer op ons susterkoerant, Oudtshoorn Courant.


Your comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald