TUINROETE NUUS - 'n Gedenkdiens word op Vrydag, 13 Januarie vir Marelise Krige gehou wat op Donderdag, 22 Desember in die see by Vleesbaai verdrink het.
Die diens word om 10:00 vanuit die Durbanville-Bergsig Kerk gehou. Die Krige gesin is van Durbanville en was in Vleesbaai op 'n familievakansie toe die tragedie gebeur het.
Marelise is die dogter van bekende Vleesbaaiers, Martin en Wilna van der Walt. Sy het die betrokke oggend ander mense wat saam met haar in 'n sleurstroom meegesleur is gehelp en toe self verdrink. Marlise word oorleef deur haar ouers, haar man, Willem en drie kinders, Marlé (19), Alida (16) en Daniël (13).
Vorige artikel: Marelise Krige (47) sterf op Vleesbaai, terwyl sy ander drenkelinge help
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'