MOSSELBAAI NUUS - Wat as ‘n gewone dag vir 'n paartjie van Danabaai begin het, het amper in ‘n nagmerrie-ondervinding ontaard toe Geraldine Hughes onder ‘n bakkie vasgekeer was.
Haar man, Chris Hughes vertel die voorval het Saterdag by hulle woning op Danabaai gebeur.
“Geraldine het die bakkie geskuif omdat die eienaar van die huis ‘n boom wou afkap. Sy het die voertuig teen ‘n helling in die doodloopstraat parkeer.”
Volgens Chris het Geraldine verby die voertuig geloop kort nadat sy dit parkeer het, waarna die bakkie oor haar gery het en sy onder die wiel vasgekeer was.
Hughes het inderhaas die Mosselbaai se Brand-, Reddings- en Rampbestuurspanne gebel.
Hy sê hulle was binne minute op die toneel.
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’