MOSSELBAAI NUUS - ‘n 58-jarige man van Mosselbaai het vandag vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op bedrog aanklagte van meer as R3 miljoen.
Meer as twintig beweerde slagoffers het aanklagte teen die verdagte, Robert Pace, aanhangig gemaak.
Die aanklagte hou verband met voorvalle tussen 2018 en 2024 waartydens Pace hom ná bewering as ‘n boukontakteur of ontwikkelaar voorgestel het.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies, sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat Pace ‘n stuk grond vir ‘n behuisingsontwikkeling op Mosselbaai geoormerk het en dit op sosiale media geadverteer het.
Slagoffers het ‘n bedrag van nagenoeg R1.7 miljoen inbetaal om erwe op dié perseel te bekom.
Daar is volgens Spies later vasgestel dat die eiendom in die naam van ‘n ander party geregistreer is en die bou van die wonings het nooit gerealiseer nie.
Lees meer by www.mosselbayadvertiser.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’