MOTORNUUS - Sedert Francois Germishuys sowat 'n maand gelede sy Superbuks Volkswagen Golf 6 GTI gekoop het, is hy naarstigtelik op soek na ander GTI-eienaars in die Suid-Kaap.
Hy het 'n Facebook-blad SWD VW GTI OWNERS gestig, maar met min sukses. Sy plan is om Volkswagen Golf GTI's van oor die hele streek te betrek.
Germishuys verseker almal dat hy homself en die beoogde GTI-klub geheel en al van enige wedrenne of onwettige straatrenne distansieer. "Geen wedrenne sal plaasvind nie. Ons gaan slegs ons karre vertoon by winkelsentrums, motorskoue en dies meer. Ons gaan heerlike uitstappies doen vir lekker etes en sosiale geleenthede waar GTI-taal gepraat word.
"Eers wil ek deelname beperk tot VW GTI modelle - alle GTI's van Golf 1 tot Golf 7. Soos die belangstelling groei, sal ons 'n klub stig en op 'n later stadium ander Golf-modelle en VW Polo's ook betrek."
Belangstellendes kan hom op een van drie maniere kontak:
- Facebook by SWD VW GTI OWNERS. (Los jou naam en kontakbesonderhede en 'n foto van jou GTI!)
- 082 526 1186 ook via WhatsApp
- fpgimaging27@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'