GEORGE NUUS - Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille het Sondagmiddag kort voor 13:00 op George aangekom om self te kom kyk wat is die jongste situasie met die brande.
Sy is deur amptenare op die George-lughawe ingewag.
Verskeie brande teister die Tuinroete sedert verlede week en 8 mense het gesterf.
“Ek is geskok oor wat ek hier sien,” het Zille aan die George Herald gesê.
Sy sal more ‘n besoek aflê by die Gesamentlike Beheersentrum van die Garden Route-distriksmunisipaliteit in George.
Volgens Zille sal die nodige prossese volg om te bepaal of die gebied tot ‘n provinsiale rampgebied verklaar moet word al dan nie.
‘n Aanbeveling sal deur die provinsie na die nasionale regerinsgfeer gestuur word en duidelikheid kan in die volgende dae verky word. Die finale besluit berus by die nasionale regeringsfeer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'