GEORGE NUUS - Twintig kranige spellers van drie laerskole in George - Laerskool George-Suid, Laerskool Outeniqua en Hibernia Primêr - het deurgedring na die Wes-Kaapse provinsiale been van die Wow-spelfees.
Die provinsiale ronde vind eerskomende Saterdag, 14 September, by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie se kampus in Wellington plaas.
Veertien leerders gaan in die Afrikaanse afdeling kompeteer. Hulle word as volg verteenwoordig: Laerskool George-Suid (11), Laerskool Outeniqua (2) en Hibernia Primêr (1). Ses leerders van Laerskool Outeniqua gaan in die Engelse afdeling kompeteer.
Hierdie toegewyde leerders het hul speltalente ten toon gestel tydens die kringkompetisie wat deur Laerskool Outeniqua op 9 Augustus aangebied is. Hier het plaaslike skole teen mekaar meegeding.
Hierna het leerders deurgedring na die distrikskompetisie wat op 24 Augustus by Hoërskool Outeniqua gehou is. Nou gaan hulle met trots die Eden en Karoo-distrik by die provinsiale kompetisie in Wellington op 14 September verteenwoordig.
Laerskool George-Suid is voor, van links: Ruben Grobler (1ste gr. 2), Annabelle Coetzee (2de gr. 3), Heleen van Tonder (3de gr. 1), Emily Badenhorst (1ste gr. 1) en Júhan Joubert (3de gr. 2). Middel: Minke du Plessis (3de gr .4), Monya Doveton (2de gr. 5), Cayden van den Berg (4de gr. 5), Annebel van der Merwe (4de gr. 4) en Janko Joubert (2de gr. 6). Agter: Sammy de Kock (4de gr. 7).
Leerders wat hier 'n plek onder die eerste vier verseker gaan die provinsie op 28 September in Stellenbosch verteenwoordig. Die WOW-spelfees is 'n opvoedkundige geleentheid in Suid-Afrika wat geletterdheid en taalvaardighede onder studente bevorder deur spelkompetisies.
Dit moedig 'n liefde vir taal aan en het ten doel om woordeskat, spelling en openbare praatvaardighede te verbeter. Die fees is deel van die breër Woorde Open Wêrelde (WOW)-inisiatief, wat dikwels uitloop op provinsiale of nasionale kompetisies.
Laerskool Outeniqua: twee Afrikaanse leerders, Annika van Zyl (4de gr. 6) en Joy Windvogel (1ste gr. 5), is deur na die provinsiale ronde, terwyl ses Engelse leerders 'n plek verseker het. Hulle is Psalm van Wyk (2de gr. 5), Buhle Gqili (1ste gr. 6), Nathan Wooff (2de gr. 6), Amila Dulaze (3de gr. 6), Tehillah van Wyk (3de gr. 7) en (afwesig) Alulutho Mhlana (4de gr. 7).
Wenners van George se drie skole wat deur is na die provinsiale ronde in Wellington:
Afrikaans
Graad 7
2de Waynita July (Hibernia)
4de Sammy de Kock (LGS)
Graad 6
2de Janko Joubert (LGS)
4de Annika van Zyl (Outeniqua)
Graad 5
1ste Joy Windvogel (Outeniqua)
2de Monya Doveton (LGS)
4de Cayden van der Berg (LGS)
Graad 4
3de Minke du Plessis (LGS)
4de Annebel van der Merwe (LGS)
Graad 3
2de Annabelle Coetzee (LGS)
Graad 2
1ste Ruben Grobler (LGS)
3de Juban Joubert (LGS)
Graad 1
1ste Emily Badenhorst (LGS)
3de Heleen van Tonder (LGS)
English: All six learners are from Outeniqua Primary
Grade 5
2nd Psalm van Wyk
Grade 6
1st Buhle Gqili
2nd Nathan Wooff
3rd Amila Dulaze
Grade 7
3rd Tehillah van Wyk
4th Alulutho Mhlana
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’